AngloGold Ashanti beoog om korporatiewe basis in Suid-Afrika te verskuif
Die goudmynmaatskappy AngloGold Ashanti het aangekondg dat hy beoog om sy korporatiewe basis en primêre notering uit Suid-Afrika te verskuif. Die maatskappy se hoofkantoor sal in Brittanje wees, met die primêre notering op die New Yorkse aandelebeurs. Die maatskappy het aangedui dat hy toegang wil kry tot die wêreld se grootste kapitaalpoel, die minimum ontwrigting vir bestaande aandeelhouers wil hê, en sy bedrywighede wil voortsit in ‘n omgewing met die minimum risiko. AngloGold Ashanti se sekondêre notering sal in Suid-Afrika wees, en in Ghana.