Angelo Agrizzi se bedrogsaak tot Mei uitgestel

Die handelsmisdaadhof in Palm Ridge het die bedrogsaak van voormalige Bosasa-bedryfshoof, Angelo Agrizzi, tot 18 Mei uitgestel. Agrizzi word daarvan beskuldig dat hy namens BOSASA belonings aan die voormalige Parlementslid Vincent Smith aangebied het, in ruil vir sy invloed as die destydse voorsitter van die parlement se oorsigkomitee oor korrektiewe dienste. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê ‘n onafhanklike mediese deskundige is aangestel om Agrizzi te assesseer en ‘n verslag in te dien.