Andy Murray sit Wimbledon uit, stoei vir Spele

Tweemalige Wimbledon-kampioen, Andy Murray, sal vanjaar se toernooi weens ʼn rugoperasie misloop. Die ATP-toer het Sondag bevestig dat Murray ná ʼn operasie aan ʼn sist aan sy ruggraat nie aan Wimbledon sal deelneem nie. Die Skot wou sy loopbaan afsluit by die grasbaan-Grand Slam waar hy 2013 en 2016 geseëvier het. Die 37-jarige Murray moet ná die operasie egter ses weke lank herstel terwyl Wimbledon op 1 Julie begin. Hy is ook in ʼn stryd teen tyd gewikkel met die Olimpiese Spele wat oor ʼn maand in Parys begin.