Andy Murray kondig uittrede aan

Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray het sy uittrede aangekondig, en gesê die Olimpiese Spele in Parys sal sy laaste toernooi wees. Die 37-jarige het by die Spele in Londen en weer vier jaar later in Rio ‘n goue medalje ingepalm. Hy is eens beskou as een van die Groot Vier, saam met Rafael Nadal, Roger Federer en Novak Djokovic, maar ‘n vlaag beserings het sy Grand Slam-titels tot net drie beperk. Murray beplan om by die Spele aan die enkel- en dubbelspel deel te neem.