Andrew Tate onder huisarres geplaas

Die omstrede internetbeïnvloeder Andrew Tate is deur ‘n Roemeense regter onder huisarres geplaas, terwyl aanklaers nuwe en ernstige bewerings ondersoek, insluitend seks met ‘n minderjarige en mensehandel in minderjarige persone. Sy broer Tristan is onder spesiale geregtelike beheer geplaas. Die nuwe ondersoek behels altesaam 35 beweerde slagoffers, insluitend ‘n vrou wat toe 15 was. Die Tate-broers is voorheen van mensehandel aangekla – en Andrew van verkragting – en wag op verhoor op dié aanklagte. Hulle is ‘n jaar gelede uit huisarres vrygelaat en aangesê om nie Roemenië te verlaat nie.