Andrew betaal skikking aan Guiffre

Prins Andrew het die finansiële skikking wat ooreengekom is met Virginia Guiffre betaal en die saak is in die VSA as afgehandel in die hof verklaar. Die stukke is Dinsdag onderteken. Dit is nie bekend hoeveel Andrew betaal het aan Guiffre nie en die ooreenkoms is konfidensieel. Die skikking kom na Guiffre Andrew hof toe gesleep het vir seksuele misbruik by verskeie van die ontslape Jeffrey Epstein se wonings. Daar word wyd bespiegel oor waar Andrew die geld, wat op miljoene Amerikaanse dollar beraam word, gekry het om Guiffre te betaal. Daar was sprake dat hy ‘n ski-chalet in Switserland verkoop het maar, die transaksie is nog nie afgehandel nie.