Andretti deelname tot F1 geweier

Formule Een het die Andretti-span se aansoek verwerp om in 2025 of 2026 by die sport aan te sluit. Die aansoek wat deur die voormalige McLaren-renjaer Michael Andretti en sy pa Mario, die 1978-wêreldkampioen, gebring is, is deur die beheerliggaam FIA goedgekeur. Die sport se handelsreg-houer, F1, sê egter hulle assessering het vasgestel die deelname van ʼn elfde span op die baan sal op sy eie nie waarde tot die Kampioenskap toevoeg nie. Die liggaam laat wel die deur oop vir toelating in 2028.