Andes-kondorkuikens gaan vryheid smaak

Natuurbewaarders in Chile hoop om binnekort ‘n paar Andes-kondor-kuikens wat in gevangenisskap gebore is, in die natuur vry te laat. Die jong voëls, Alhue en Mailen, is deel van ‘n projek om die land se krimpende bevolking van die aasvoël ‘n hupstoot te gee. Die Andes-kondor is die wêreld se grootste vlieënde voël, maar die bevolking word as kwesbaar beskou. Hulle verskyn op die Internasionale Natuurbewarings-organisasie se rooi-lys vir bedreigde spesies. Daar word geraam daar is sowat 6 700 Andes-kondors wat vry in die natuur voorkom.