ANC wil steeds vir De Ruyter vervolg

Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula sê die party is steeds voornemens om die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, vir naamskending te vervolg. Mbalula het tydens die party se Wes-Kaapse provinsiale verkiesings-konferensie in Kaapstad gepraat. Hy sê die regerende party wil hê De Ruyter moet sy aantygings dat die ANC betrokke was by verlammende korrupsie by Eskom terugtrek en om verskoning vra.