ANC-veteraan is ontnugter deur party, bedank

Die voormalige adjunkpresident van die ANC-veteraneliga, Mavuso Msimang, sê hy is ontnugter aangesien hy steeds wag vir die nuwe daeraad wat president Cyril Ramaphosa beloof het. Msimang het die regerende party na meer as ses dekades verlaat uit verset teen wat hy beskryf as ’n skandelike bestuursrekord en die gevolge daarvan wat miljoene Suid-Afrikaners weerloos gelaat het. Msimang sê om korrupsie te duld en onbevoegde mense te beskerm, het Ramaphosa se nuwe daeraad in ‘n veraf droom omskep: