ANC verwag 75 000 lede by manifes-bekendstelling in Durban

Die ANC sê alles is gereed vir Saterdag se manifes-bekendstelling in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Die party verwag ‘n reuse-opkoms en het deeglik beplan vir die bywoning van 75 000 mense. Dit sluit in 65 000 lede op sitplekke en nog 10 000 op die veld, met voorsiening vir bywoning buite die stadion. Adjunk-sekretaris-generaal Nomvula Mokonyane sê provinsies regoor die land toon belangstellling en die party se sekretariaat sal besonderhede oor hulle bywoning bekend maak.