ANC verloor steun, sou môre verkiesing verloor

ʼn Nuwe opname toon die ANC se gewildheid taan en indien die verkiesing môre sou plaasvind, sal die party slegs 39 persent van die stemme kry. Die opname is deur professor David Everatt van die Universiteit van die Witwatersrand gedoen en daar is met 9 000 mense onderhoude gevoer. Die opname het ook bevind kiesers is geïnteresseerd in die Veelpartyhandves, wat uit 11 partye bestaan wat ná die verkiesing ʼn koalisie wil vorm. Everatt sê werksgeleenthede is boaan kiesers se lys prioriteite, gevolg deur lewenskoste, misdaad, armoede en beurtkrag.