ANC stel nuwe wetgewing vir immigrasie voor
Die ANC-regering het die vestiging van gespesialiseerde howe voorgestel om immigrasiesake te hanteer. Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê sy departement berei nuwe wetgewing voor om toenemende onwettige immigrasie die hoof te bied. Motsoaledi sê die werk aan die beleid oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingbeskerming is voltooi en gaan vir openbare kommentaar voorgelê word. Die nuwe wetgewing gaan ‘n hoë standaard vir die aanstelling van mense stel wat immigrasie en vlugteling-beskermingsprosedures hanteer.