ANC skuldig aan minagting van die hof – DA

Die DA-leier, John Steenhuisen, het stappe aangekondig wat die party gaan doen in sy voortgesette veldtog teen kaderontplooiing. Dit sluit in ‘n aansoek om ‘n bevel van minagting van die hof teen die ANC, en ‘n aansoek om verlof tot appél teen die Hooggeregshof-uitspraak dat kaderontplooiing nie onwettig en ongrondwetlik is nie. Steenhuisen beklemtoon die ernstige gevolge van kaderontplooiing en die DA se verbintenis om die uitwerking daarvan op die land uit te daag: