ANC skors Zuma uit party

Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC het besluit om die voormalige president, Jacob Zuma, uit die party te skors. Dis dadelik van krag. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula sal Zuma na verwagting skriftelik hieroor inlig. Zuma se aankondiging dat hy nie vir die party veldtog sal voer of vir die ANC sal stem nie, volg op die stigting van die nuwe uMkhonto weSizwe-party. Die komitee het op skorsing besluit eerder as hom uit te skop, omdat laasgenoemde op ‘n uitgerekte dissiplinêre proses sou uitloop. Zuma het 48 uur om op die bewerings teen hom te reageer.