ANC se Strafhof standpunt belyn Suid-Afrika met die verkeerde kant

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die besluit van die ANC-party om die Rome-statuut te verlaat en dus ook die bepalings van die Internasionale Strafhof, is ‘n stap in die verkeerde rigting. Die Suid-Afrikaanse Presidensie het intussen bevestig dat die land steeds deel van die statuut vorm maar, dat hy hom sal aanpas vir immuniteit vir diegene met lasbriewe van die Internasionale Strafhof. Klopper meen die party ondermyn Suid-Afrika se belange en belyn die land met die BRICS-lande en vervreem dit hom, en die streek, van die uiters belangrike Weste, insluitend die Europese Unie waarmee baie handel gedryf word. Die besluit is deur die uitvoerende komitee van die ANC aanvaar. Klopper sê daar is ekonomiese implikasies.