ANC sê spaza-winkels moet vir plaaslike besit gereserveer word

Die ANC vra die spaza-winkelsektor moet slegs vir plaaslike inwoners wees. Meer as 51-duisend-788 spaza-winkels is geregistreer, met 45-persent in KwaZulu-Natal. Dit gee township- en landelike ekonomieë ‘n hupstoot. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê 800 winkels is gesluit met 93-persent in buitelandse besit. Hy versoek die regering om klein ondernemings vir plaaslike inwoners te reserveer om billike ekonomiese geleenthede te verseker: