ANC sal nie ’24-verkiesing oorleef nie – Malema

EFF-leier Julius Malema sê die ANC het Suid-Afrikaners in die steek gelaat en volgende jaar se algemene verkiesing sal ʼn bevrydingsbeweging vir landsburgers wees na 30 jaar se middelmatigheid. Hy het die Gautengse EFF provinsiale grondmagteforum in Johannesburg toegespreek. Malema het president Cyril Ramaphosa se regering gekritiseer en sê hulle gee net voor hulle werk terwyl die land in ʼn totale gemors verval. Hy sê mense wat nog dink en glo die ANC gaan oorleef het mediese en sielkundige waarneming nodig: