ANC-regering ‘stel voortbestaan van Poskantoorwerkers in gevaar’
Die UDM se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê die ANC-regering stel willens en wetens die voortbestaan van duisende gesinne van byna 5 000 Poskantoor-werknemers in gevaar om finansieel swaar te kry en honger te ly. Die party het sy teenkanting uitgespreek teen die regering se benadering oor die Poskantoor se rasionalisering deur ‘n reddingsboei van 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand. Kwankwa sê die party pleit dat die Poskantoor sy hoofkliëntebasis in landelike gebiede voorop stel deur marknavorsing te doen om hul behoeftes beter te verstaan.