ANC-regering neem kennis van biodiversiteitsekonomie

Die buurland se omgewingsminister, Barbara Creecy, sê die regering werk hard om beleidsekerheid en ʼn sterk beleidsbasis vir die bewaring van biodiversiteit te verskaf. Die Kabinet het onlangs kennis geneem van die Nasionale Biodiversiteit-ekonomiestrategie. Creecy het die eerste Biodiversiteitsekonomie- en -beleggingsindaba toegespreek. Sy sê die strategie is daarop gemik om biodiversiteitsekonomie as hefboom te gebruik om bewaring te bevorder en spesies en ekostelsels te bestuur: