ANC-regering moet sy verpligting rakende puttoilette nakom

Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep Section 27 doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om sy verbintenis tot die uitwissing van puttoilette in openbare skole na te kom. Ramaphosa het onlangs erken ongeveer 750 skole regoor die land benodig steeds veilige toilet- en sanitasiegeriewe. Hy het ‘n plan uiteengesit om puttoilette in oorblywende skole teen die einde van die huidige boekjaar uit te wis. Section 27 se Onderwysregte-program-prokureur, Demichelle Petherbridge, sê daar is ‘n behoefte aan ‘n omvattende nasionale plan om die kwessie te pak: