ANC-regering moet steenkool-kragstasies laat vaar
Die Presidensiële Klimaatskommissie sê die regering moet nie die gebruik van steenkoolkragstasies vir langer as hul natuurlike leeftyd verleng nie. Die kommissie kritiseer die plan en sê die regering se beleggingsplan vir billike energie-oordrag skiet tekort met ‘n aantal kwessies, insluitende vaardigheidsontwikkeling en ekonomiese diversiteit. Die kommissie sê die uitbreiding van die elektrisiteitsnetwerk is van deurslaggewende belang om hernubare projekte te akkommodeer. Die kommissie is in 2020 deur president Cyril Ramaphosa aangestel om die regering te adviseer oor klimaatsverandering en die oorgang na ‘n laekoolstof-ekonomie.