ANC-regering koop stemme deur min beurtkrag: Malema

Die EFF-president, Julius Malema, sê die ANC-regering koop Suid-Afrikaners se stemme deur beurtkrag tydens die verkiesingstydperk op te hef. Hy het ‘n saamtrek in De Aar in die Noord-Kaap toegespreek. Eskom het vandag vir 46 dae nog nie weer beurtkrag ingestel nie. Malema sê die EFF wil hê alle huishoudings moet krag hê en Eskom kan dit doen, want hy verkoop krag aan buurlande.