ANC-raadslid wat verkragtingsake het, moet afgedank word
Action Society sê die ANC moet sy wyksraadslid in Noordwes wat van twee aparte voorvalle van statutêre verkragting aangekla word, onmiddellik afdank. Video’s van die ANC-raadslid wat na bewering seksuele omgang met minderjarige seuns het, het onlangs op sosiale media verskyn. Hy is uit die party geskors. Ian Cameron van Action Society sê hulle wil weet waarom die raadslid voor sy aanstelling nie deeglik ondersoek is nie en waarom die ANC eers opgetree het toe sy dade in die openbaar uitgekom het: