ANC ontken verdedigingsminister is aangewese adjunk-president

‘n ANC-woordvoerder, Pule Mabe, sê mense wat gerugte versprei dat die minister van verdediging, Thandi Modise, die aangewese adjunk-president is, wil bloot verdeeldheid in die party vererger. Luidens berigte is Modise se naam hoog op die lys vroulike leiers wat president Cyril Ramaphosa se faksie as moontlike kandidate vir die pos wil voorhou. ‘n Nuwe kandidaat kan adjunk-minister David Mabuza op volgende jaar se verkiesingskonferensie vervang. Mabe sê ná die onlangse munisipale verkiesing is die party nou net gefokus op introspeksie en ware vernuwing.