ANC moet skoonmaak, of in ’24 verloor

As die ANC homself nie vernuwe nie, gaan hy ʼn koalisie móét vorm na volgende jaar se algemene verkiesing, want kiesers is moeg vir die regerende party se korrupsie en onbevoegdheid. Dis die mening van die politieke ontleder, Omry Makgoale. In ʼn artikel sê hy die ANC kan slegs gered en vernuwe word as hy ten minste almal wat by bedrog en skandale betrek word uit die regering en staatsposte verwyder. Makgoale sê die ANC kan volgende jaar se algemene verkiesing verloor.