ANC loop voor in voorlopige nasionale verkiesingsuitslae

Voorlopige uitslae van die Verkiesingskommissie toon die ANC loop tans voor met 42,8-persent nadat 11,37-persent van die stemme getel is. Die DA volg met 25,6-persent en die EFF het 8,3-persent. Die MK-party en die Patriotic Alliance is onder die top vyf nasionaal, met onderskeidelik 7,8- en 4,9-persent.