ANC lei steeds in SA met 95% stemdistrikte verwerk
Met 95-persent van die stemdistrikte wat ‘n rukkie gelede verwerk is, het die ANC 40,64-persent van die nasionale stemme verwerf. Die DA was tweede met 22,51-persent, terwyl die MK-party op 14,39 gestaan het. Die MK-party is voor in KwaZulu-Natal met 45,03-persent gevolg deur die IVP met 19,08-persent en die ANC is derde met 17,43-persent. In Gauteng is die ANC steeds voor met 34,38-persent gevolg deur die DA met 27,69-persent. In die Wes-Kaap behou die DA sy meerderheid met 55,11-persent gevolg deur die ANC met 19,47-persent.