ANC kan nie volgens faksies nuwe baadjie aantrek nie

Oudpresident Thabo Mbeki sê die ANC se hernuwingsproses kan nie volgens faksies gedoen word nie. Hy het ‘n vernuwingswerksessie van die ANC Gauteng in Boksburg aan Johannesburg se Oos-Rand toegespreek. In die verkiesing in Mei het die party se steun vir die eerste keer sedert die koms van demokrasie onder 50-persent gedaal. Mbeki sê die hernuwing van die ANC om die steun van die mense terug te wen, sal afhang van die verbetering van die gehalte van sy ledetal: