ANC kan hofdokumente indien in sy lastersaak teen De Ruyter

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het ‘n bevel toegestaan dat die ANC dokumente mag indien wat verband hou met sy lastersaak teen die gewese Eskom-hoof, André de Ruyter, wat volgens berigte tans in Duitsland bly. De Ruyter het onder die radar verdwyn ná ‘n onderhoud met eNCA, waarin hy skokkende bewerings gemaak het oor diepliggende korrupsie by Eskom wat deur die ANC gepleeg word. Die regerende party ontken die bewerings ten sterkste. ‘n Regsontleder, Mpumelelo Zikalala, verduidelik wat hierdie bevel beteken: