ANC in Limpopo sê polisie teiken sy lede

Die ANC in Limpopo is bekommerd die polisie teiken slegs sy lede ondanks strafregtelike sake teen EFF-lede. Dit volg na ‘n ANC-lid, Jossey Buthane, op aanklagte van poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen gearresteer is. Die saak volg na geweld tussen ANC- en EFF-ondersteuners verlede naweek in Seshego. Buthane het hom gister aan die polisie oorgegee. Hy het in die Landdroshof in Seshego verskyn en is borgtog van 5 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan. ANC-woordvoerder Jimmy Machaka sê die saak teen Buthane is polities gemotiveerd.