ANC het skenkings van R23 miljoen in derde kwartaal verklaar

Die ANC het skenkings ter waarde van byna 23 miljoen rand verklaar in die derde kwartaal van hierdie boekjaar. Die Verkiesingskommissie het dit vandag in sy Partybefondsings-blootleggingsverslag onthul. Die DA het 12,5 miljoen rand ontvang en die EFF drie miljoen rand. Die DA het drie buitelandse skenkings ontvang. Die kommissie het ook aangekondig Vodacom het vyf miljoen rand aan die Veelparty-demokrasiefonds geskenk. Die enkele grootste skenking was 15 miljoen rand van die Batho Batho-trust wat as beleggingsmaatskappy noue bande het met die ANC.