ANC het geen idee hoe om werkloosheid aan te spreek nie

Die DA sê werkloosheid is die grootste bedreiging vir die inrigting van die samelewing en die ANC het geen idee hoe om dit te hanteer nie. Werkloosheid het in die derde kwartaal vanjaar met een persentasiepunt afgeneem van 33,9 persent tot 32,9 persent. Maar 7,7 miljoen aktiewe werksoekers is steeds sonder werk. Michael Cardo van die DA sê die bedreiging van ‘n voortslepende staking in die staatsdienssektor die week is ‘n klap in die gesig van miljoene werklose Suid-Afrikaners: