ANC ‘gebruik Israel/Gaza-kwessie as verkiesingsfoefie’

Die ANC is nou skaamteloos, brutaal en sonder om subtiel te wees besig om die Israel/Gaza-kwessie as verkiesingsfoefie te gebruik en dit kom neer op opportunisme. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om op te hou om mense in Gaza in gevaar te stel en dood te maak, nadat Suid-Afrika ʼn aansoek ingedien het waarin hy Israel van volksmoord beskuldig. Silke sê die ANC soek desperaat ʼn kwessie om goedkoop politieke punte aan te teken gegewe sy swak prestasie op die tuisfront.