ANC Gauteng ‘verhoed mosies oor beurtkrag, skole’

Die DA in Gauteng sê hy het die afgelope ses maande verskeie mosies ter tafel gelê om inwoners se lewensgehalte te verseker en om hulle teen afknouery en diskriminasie te beskerm. Die party het ook ‘n mosie ter tafel gelê om die rol te bespreek van Onafhanklike Kragprodusente vir beter toegang tot elektrisiteit vir alle Gautengse inwoners. Nico De Jager van die DA sê die ANC het, met behulp van sy meerderheid, die mosie verwerp, want hy wil nie aanspreeklikheid aanvaar vir die provinsiale regering nie.