ANC desperaat, wil aan mag vasklou: DA
Die DA sê hy verwerp die ANC se pogings om erkenning te eis vir Sassa se deurslaggewende werk, nadat hy ‘n grafika vrygestel het van ‘n Sassa-kaart met die opskrif – “Die toekoms beskerm die kwesbaarstes in die samelewing”. Die DA sê die misbruik van staatshulpbronne vir politieke doeleindes is onaanvaarbaar en ‘n bewys van die ANC se desperaatheid om met alle geweld aan die mag vas te klou. Die DA-lid, Bridget Masango, sê die party staan vas in sy verbintenis tot etiese, eerlike en gepaste politieke gedrag.