ANC, Cyril loop deur oor erge beurtkrag

Die Congress of the People sê die huidige hoë fases van beurtkrag in die buurland is nog ‘n bevestiging dat president Cyril Ramaphosa se regering misluk om Eskom se sake behoorlik te bestuur. Cope se waarnemende hoofsekretaris, Erick Mohlapamaswi, sê beurtkrag het onder die ANC se bewind ekonomiese groei en ontwikkeling vir meer as 14 jaar ondermyn en stel die lewens en inkomste van burgers in gevaar wat nie alternatiewe kragbronne kan bekostig nie.