ANC bied spesiale NUK vergadering aan

Die ANC bied sy spesiale vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Boksburg, Ekurhuleni, aan van vandag tot Maandag. Die party se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê hierdie byeenkoms is die belangrikste besluitnemingsliggaam van konferensies. Die vergadering sal hernuwings, integriteitskomiteeverslae en die bou van regulerende strukture bespreek. Sy sê dit is om die beweging te vestig vir die versnelling van dienslewering, en om ‘n pad vorentoe uit te stippel oor sleutelkwessies waarmee die land worstel.