ANC belowe weer bekwame regering

Die regering sê hy is verbind tot die bou van ‘n bekwame en eerlike administrasie wat alle Suid-Afrikaners dien en hy staan vas in sy visie om saam te werk en uitdagings wat burgers in die gesig staar, te oorkom. ‘n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê Suid-Afrikaners word aangemoedig om steeds met die regering saam te werk om maatskaplike samehorigheid te versterk en ‘n verenigde nasie te bou. Sy sê Suid-Afrikaners vier nie net ‘n nuwe president nie, maar ‘n nuwe hoofstuk in die nasie se geskiedenis: