ANC behoort wakker te skrik met Dlamini-Zuma se uittrede

Die politieke ontleder Benzi Ka-Soko sê die ANC behoort bekommerd te wees oor die jongste besluite deur senior lede van die party. Ka-Soko het gepraat by die ANC se 112de bestaansvieringe en klem geplaas op die uittrede-aankondiging van die lid van die nasionale uitvoerende komitee en minister in die Presidensie vir vroue, Nkosazana Dlamini-Zuma. Hy sê dit behoort die ANC te laat wakkerskrik.