Amusheleloo hoor vandag oor sy bates
Uitspraak in die saak waarin die aanklaer-generaal aansoek gedoen het vir bewaringsbevele teen Michael Amushelelo, word vandag deur regter Thomas Masuku verwag. Dit was uitgestel tot 25 Julie maar is vandag op die rol neergelê vir 10-uur. Martha Imalwa se kantoor wil bevele vir agt luukse voertuie sowel as 13 verskillende bankrekenings bekom. Die voertuie sluit in Audi’s, Mercedes-Benz, BMW en Range Rover modelle. Die aansoek het te doen met die vermeende geldwassery waarvoor hy aangekla is, wat nog in die hoërhof afgehandel moet word. Amushelelo het die aansoek verdedig.