Amushelelo wil opruk teen NSFAF, studente sê hulle word betaal
Michael Amushelelo, lid van die NEFF-party, het te kenne gegee dat hy Donderdag, 6 Junie, ‘n protes teen die Namibiese studente hulpfonds gaan hou. In ‘n brief aan die Khomas-polisie vra hy toestemming om voor die hoër-onderwysministerie bymekaar te kom en dan op te ruk na die fonds se kantore. Hy sê die fonds versuim om sedert 26 April sy maandelikse betalings aan studente te maak en dat hy daaroor lieg. Verskeie studente wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het, het bevestig hulle is wel betaal.