Amushelelo wil nie LPM LP wees nie 

Die Landless People’s Movement het laat Maandagaand sy parlementêre lys bekend gestel, ter elfder uur ingevolge die Kieswet. Aktivis Michael Michael Amushelelo is op die lys in die 31ste posisie maar, hy het op sy sosiale media gesê hy onttrek sy naam omdat hy nooit deelgeneem het om as parlementslid verkies te word nie. Hy sê hy onderskryf nie die kultuur om aalmoese te ontvang nie en verkies harde werk. Hy sê hy bly toegewy aan die LPM.