Amushelelo wil meulens, wat 2 500 werksgelenthede bied, sluit…

Die luidrugtige aktivis Michael Amushelelo het tydens sy hofverskyning voor regter Hannelie Prinsloo ‘n aggressiewe toon gehandhaaf en gesê hy sal seker maak dat maatskappye soos Namib Mills nie kan voortbestaan of winsgewend kan werk nie. Volgens hom is dit weens hulle “rassistiese gedrag”. Die NMI-groep verskaf egter werk aan 2 500 mense en met ‘n afhanklikheid-verhouding van 3,8 per salaristrekker, maak 9 500 mense staat op die maatskappy. Prinsloo het ‘n tussentydse interdik uitgereik om Amushelelo en ‘n groep van 26 te keer om die ingang na die maatskappy se perseel onwettig te versper en te dreig om sy bedrywighede te staak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ian Collard, die hoof van NMI-groep, oor hoeveel werknemers die maatskappy in diens het.