Amushelelo weer los na arrestasie

Die staat het besluit om nie die Namibia Economic Freedom Fighters se kommissaris van ekonomiese ontwikkeling, die arbeidsaktivis Michael Amushelelo, te vervolg nie. Hy sou vanmiddag in die Oshakati-landdroshof verskyn het, nadat hy gearresteer was toe hy probeer het om werknemers van Rani Trading te ondersteun by ‘n kontrakarbeid-geskil. Amushelelo het ‘n hofbevel teen hom dat hy nie binne 100 meter van Rani Traders op Oshakati mag kom nie, wat hy Maandag oortree het. Kalimbo Iipumbu, die party se adjunkleier, sê dat hulle nie sal ophou veg vir die verbetering van Namibiërs nie.