Amushelelo weer in hegtenis geneem

Namibië se besigste aktivis, Michael Amushelelo, is alweer in die sop. Hy is deur die Windhoekse Stadspolisie in hegtenis geneem nadat hy die saak van straatverkopers wat by Blackchain in Katutura uitgesit is, op sy skouers geneem het. Volgens sy regsverteenwoordiger, Khadila Amoomo, is prokureurs besig om hom en ander mense te help. Dis nie tans bekend hoeveel mense gearresteer is of op watter klagte nie.