Amushelelo vrygelaat, betoog vandag

Michael Amushelelo is laat Maandagmiddag uit polisie-aanhouding by die Katutura-polisiestasie vrygelaat. Hy is gearresteer toe hy straatverkopers wat by Blackchain in Katutura deur Stad Windhoek uitgesit is, bygestaan het. Sy regsman Kadhila Amoomo sê die idee is eenvoudig om hom aan te hou arresteer totdat hy oorgee en ophou om diegene te help wat aan die hand van die onderdrukkende stelsel ly. Amushelelo het ook bevestig dat die aksie om 15 Namibiese dollar as minimumloon vir sekuriteitswagte te kry, steeds vandag aan die gang is.