Amushelelo vra vir optog teen kragtarief-verhoging
Michael Amushelelo, wat vandag twee sake voor die hof het, een in die hoërhof vir die beslaglegging van sy bates in verband met geldwassery, en die ander in die laerhof in verband met sy mislukte werkloosheidsoptog, doen ‘n beroep op Namibiërs om op te staan teen die verhoging in kragtariewe. In ‘n handgeskrewe brief vanuit sy sel op Seeis, sê Amushelelo landsburgers moet opstaan en reddingsboeie by die regering eis. Hy doen ‘n beroep op aktiviste om hulle gemeenskappe te mobiliseer. Sy regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.