Amushelelo vra vandag (weer) vir borgFebruary 22, 2023
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo sal na verwagting vanoggend ‘n amptelike borgaansoek in die Windhoek-laerhof bring. Hy is op 15 Februarie gearresteer en het eers op Vrydag 17 Februarie op verskeie aanklagte verskyn. Luidens die klagstaat is Amushelelo, vir die soveelste keer, aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste, aanhitsing van openbare geweld, die van die Wet op Oproerige Byeenkomste, opsetlike saakbeskadiging, asook betreding. Die arrestasie kom na hy saam met skoonmakers by Stad Windhoek onwettige betoog het en blykbaar ook rommel in die hoofstad gestrooi en asdromme omgekeer het.