Amushelelo vaar uit teen ‘kriminele in uniforms’

Op 25 April 2023 is vyf vermeende rowers naby Okahandja doodgeskiet tydens ‘n polisiejaagtog waarby die Namibiese Polisie en Windhoek Stadspolisie betrokke was. Die jaagtog het gevolg op ‘n mislukte poging om ‘n Windhoekse dobbelhuis te beroof. Die vyf mans is voorheen in hegtenis geneem en borgtog toegestaan in altesaam 24 kriminele sake, wat wissel van gewapende roof, huisbraak en diefstal, tot poging tot moord. Arbeidsaktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo is weer op sy sosiale media doenig om geregtigheid vir die vyf dooie rowers geëis. Volgens Amushelelo is die gevaar kriminele in uniforms.